Jay du Plessis Tour Dates and Upcoming Concerts
Welcome to the official artist page for Jay du Plessis – your premier destination for
the latest concert tickets, tour announcements, and exclusive shows near you. Dive into
the music, explore the artist’s reviews and photos, and never miss another concert
moment. Stay updated, stay connected, and be the first to grab tickets for an
unforgettable musical experience.
On tour
Yes
Followers
3,886
Category
Pop Rock, Pop
About Jay du Plessis
Jay du Plessis se langverwagte solo-album, SOLO, het einde 2010 die winkelrakke betree en spog reeds met PLATINUM STATUS vir verkope meer as 40 000 en ook TWEE Huisgenoot Tempo Toekennings vir Beste Pop Album en Liedjie van die Jaar vir MELANIE asook twee SAMA-nominasies vir Beste Pop Album en Beste Nuweling!!! Jay se uitmuntende stemkwaliteit gekombineer met sy plat-op-die-aarde persoonlikheid, passie vir musiek asook pop-rock treffers vanuit die pen van SA se grootste liedjieskrywers sal maak dat dié solo-album wat nou landswyd beskikbaar is ‘n debuut-album gaan wees om te onthou! Hy is ook later vanjaar te sien in die rolprent PLATTELAND uit die pen van Deon Opperman en Sean Else waar hy die rol van Jakes vertolk en boonop speel Steve Hofmeyr sy pa… MEER OOR JAY Jay het sy professionele debuut in 1999 gemaak in Neil Lessick se Let’s Rock as hoofsanger en kort daarna die understudy gedoen vir die rol van Joseph in die staatsteater produksie van Joseph and his Amazing Tecnicolour Dreamcoat. Kort op hul hakke was verskynings in The Rocky Horror Picture Show, lid van die DooWah Boys en toe ‘n hoofrol in Janice Honeyman se pantomime, A Lad In a Lamp, waarvoor hy ‘n FNB Vita nominasie ontvang het. Jay is ook ‘n ou hand in korporatiewe teater en die hoogtepunt daarvan was ongetwyfeld sy deelname aan oud President Nelson Mandela (Madiba) se 85ste Verjaardagvieringe wat internasionaal uitgesaai is. In 2001 het hy ook die ATKV Crescendo-kompetisie saam met Joe Niemand gewen en die album wat daaruit gevloei het is vir twee GMT-toekennings benoem en het die toekenning vir Beste Pop Album ingepalm. Sedert 2001 was sy hooffokus – EDEN. Onder leiding van Coleske Artists het EDEN verskeie platinum en dubbel platinum albums uitgereik en verskeie treffers op radiostasies reg oor die land. Hulle spog ook met ‘n hele rits SAMA(South African Music Awards)-nominasies asook twee SAMA’s vir Beste Afrikaanse Pop Album. Eden het ook nog ‘n verdere drie toekennings vir Album Van die Jaar ingepalm tussen die Huisgenoot Tempo en die Rapport Vonk-toekennings. Eden se nuwe album, Dekade is vroeër vanjaar uitgereik as dubbel CD met treffers van die afgelope tien jaar. Jay was ook weer onlangs saam met EDEN te sien in Janice Honeyman se pantomime, Aladdin en het gehore staande gehad aand na aand. Nou kan Suid-Afrika hulle regmaak vir gatskop vertonings reg oor die land met splinternuwe treffers in die pop-rock genre en natuurlik is hy sag op die oog! MEER OOR DIE ALBUM, SOLO Jay se solo album is al ‘n hele paar jaar in die pyplyn en na byna drie jaar se uitstel is die album getitled, SOLO eindelik hier. Soos die album se titel dui is dit sy eerste solo-album en ‘n baie opwindende hoofstuk in Jay se lewe… SOLO spog met ongelooflike liedjies uit die pen van ons land se voorste liedjieskrywers. Ewald Coleske was die senior skrywer op die album en Reana Nel en Jay het saam met Ewald vir meeste van die snitte op die ablum gesorg. Dewald Wasserfall en Johan Vorster het ook help skryf. Die album, SOLO, bevat 13 snitte waarvan nie minder nie as 11 oorspronklik is. Daar is besonder baie tyd spandeer aan detail tydens produksie van dié album. SOLO se produksie is van besondere kwaliteit en verleen ‘n goeie grondslag vir die liedjies om te vertoon soos hulle bedoel was toe dit geskryf is. Die aanhangers en kritici kan verwag om kommersiële pop klanke te hoor, maar sal ook hul sintuie kan treat met ‘n pop-rock klank waarmee daar nog nooit in Afrikaans ge-eksperimenteer is nie. Die goeie vocal production en die feit dat die onderwerpe relevant en van persoonlike waarde vir Jay is, rond dit alles af en maak hierdie album een waaroor Jay en Coleske Artists baie trots kan wees. SOLO gaan verseker sy merk los in die Suid Afrikaanse musiekbedryf. Jay se eerste enkelsnit vanaf SOLO - IS EK NIE DIE EEN beloof ‘n groot treffer met sy catchy lirieke en melodie. Jy kan nie anders as om jou voet op die ritme te beweeg en saam te sing op hierdie een nie… KAN NIE SONDER JOU met sy duidelike rock-invloed asook die emosioneel belaaide ballade, SOMS SIEN JY MY is snitte wat die album gaan vlerke gee. Ander snitte sluit in MY HART WIL JOU NIE LOS NIE, PAD TERUG HUIS TOE, JY’T GESê, BAIE VAN MY VIR NET ‘N BIETJIE VAN JOU, IEWERS en KISS A GIRL. MELANIE uit pen van Johan Vorster is defnitief ‘n aansteeklike pop snit wat reeds vanjaar tydens Huisgenoot Skouspel baie goed ontvang is. SOLO sluit ook twee duete met Lianie May in waarvan die splinternuwe treffer, IN A MOMENT LIKE THIS reeds op hoë rotasie is op meeste radiostasies landswyd. As bonussnit is hulle immergroen duet wat ook Musiekvideo van die Jaar by die Huisgenoot Tempo- en die Rapport VONK-toekennings gewen het– TOE STOP MY HART ingesluit. Kyk uit vir musiekvideo’s van SOMS SIEN JY MY en MELANIE wat binnekort verfilm word. Die lirieke op SOLO is eerlik en handel oor onderwerpe waarmee ieder en elk kan identifiseer. Hierdie vrystelling in die pop rock genre is beslis ‘n album wat almal se voete aan die jeuk sal kry! JAY - Treffers soos #DisHoeOnsRol, Twee, Melanie, Is Ek Nie Die Een & Superhero. Besprekings: Corne (012) 7513601 of 0833803810 of info@coproductions.co.za
Follow on Bandsintown
Genres
Pop Rock, Pop
Similar Artists On Tour
Bobby van Jaarsveld
Karlien van Jaarsveld
Steve Hofmeyr
Bok van Blerk
RIANA NEL
Juanita du Plessis
Kurt Darren
Demi Lee Moore
Robbie Wessels
Brendan Peyper
Ricus Nel
Nadine
Jay du Plessis Tour Cities
Frequently Asked Questions About Jay du Plessis
Concerts & Tour Date Information
Is Jay du Plessis on tour?
Yes, Jay du Plessis is currently on tour. If you’re interested in attending an upcoming
Jay du Plessis concert, make sure to grab your tickets in advance. The Jay du Plessis tour
is scheduled for 1 dates across 1 cities. Get
information on all upcoming tour dates and tickets for 2024-2025 with Hypebot.
How many upcoming tour dates is Jay du Plessis scheduled to play?
Jay du Plessis is scheduled to play 1 shows between 2024-2025. Buy
concert tickets to a nearby show through Hypebot.
When does the Jay du Plessis tour start?
Jay du Plessis’s tour starts Mar 01, 2025 and ends on Mar 01, 2025.
They will play 1 cities; their most recent concert was held in
Pretoria at Moreleta Kerk and their next upcoming concert
will be in at .
What venues is Jay du Plessis performing at?
As part of the Jay du Plessis tour, Jay du Plessis is scheduled to play across the following
venues and cities:
2025 Tour Dates:
Mar 01 - Pretoria,
ZA @ Moreleta Kerk